Nog ‘n prestasie vir Riebeeck in jukskei

Skool: Dié twee dogters weet hoe om met hulle jukskei talente te woeker.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs weer in die sport van jukskei presteer.

Dit nadat twee Riebeeckranders gedurende die afgelope skoolvakansie aan die SA Senior Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelgeneem het.

Daar was Marna Bronkhorst, ‘n graad 12-leerling en Ju-hanie Wilken, ‘n graad 10-leerling deel van die o.30-gemengde span wat ‘n derde plek behaal het. Ju-hanie het ook ‘n derde plek behaal in die dubbelskategorie vir vroue o.30.

Die skool sien daarna uit om die twee dogters se jukskeivaardighede verder te ontwikkel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version