Jannas-netbalspan vlieg George toe

Skool: Onthou, sukses ry nie hysbak nie, dit klim trappe.

Dis nie altyd oor hoe jy lyk nie maar eerder hoe jy daar aankom.

In Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se eerstenetbalspan se geval het hulle ‘n top 10 netbaltoernooi in George bygewoon en soontoe gevlieg.

Daar het hulle teen makroskole soos Afrikaans Hoër Meisieskool, Eldoraigne en Menlopark die stryd aangesê.

Hulle het ook die volstruispaas, Cango Grotte asook die Cango Wildlife Ranch gedurende die toernooi besoek.

“Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om die toer vir ons moontlik te maak. Dankie vir die harde werk en baie oefening van elke speelster en Sylbia vir haar uitmuntende afrigting.

“Ons is ook bevoorreg om die jaar ‘n borg te hê, Shutterlock, wat die dogters se toerusting geborg het,” het Maddie Vermeulen ‘n onderwyser van die skool gesê.

Die toer was ook om die eerstespanspelers vir die netbal-liga voor te berei .

“Onthou, sukses ry nie hysbak nie, dit klim trappe want trappe klim is noodsaaklik om ons bene sterk te maak viir die steiltes wat sukses inhou,” sê Magdie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version