Local sportSport

Fikser by die dag saam met Run/ Walk for Life

Klubbestuurder: In die kort tydjie wat ons saam oefen het ons reeds ‘n hegte band gevorm.

Hulle poog om jou aktief te kry en aan die gang te hou, of jou fiksheidvlak goed is of nie.

Run/Walk for Life Randfontein het in Februarie hul deure oopgemaak en het groot planne vir die gemeenskap.

Vicky van Zyl, die klubbestuurder het verduidelik dat dit spesifiek gestig is vir onaktiewe mense wat gesonder en fikser wil word.

Sy het gesê dit is ‘n baie veilige en vriendelike omgewing om te oefen en te ontspan. Vicky het gesê,

Die oefenprogram is wetenskaplik opgestel tot elke persoon se individuele fiksheidsvlak en om dit te bevorder.”

Elke lid ontvang maandeliks ‘n staat wat hul vordering aantoon en hoe dit met ander lede in sy of haar groep vergelyk.

Run/Walk for Life het ook ‘n atletiekklub waarby dié wat fikser is, kan aansluit. Vicky het gesê oefening hou nie net liggaamlike voordele in nie, dit is ook uitstekend vir die gemoedstoestand.

Sy het bygevoeg, “In die kort tydjie wat ons saam oefen het ons reeds ‘n hegte band gevorm en ons is ‘n eiesoortige familie. Die klub is nou twee maande oud en van die lede soos Marlize du Preez, Yolande van Quickelberge en Elize Kotze het reeds hul eerste 5km padwedloop afgelê.”

Die volgende padwedloop wat hulle gaan aanpak is die Cradle of Humankind-padwedloop op Woensdag 27 April by Makiti. Die klub oefen drie keer per week – Maaandae, Woensdae en Vrydae van 5.30nm tot 6.30nm op Laerskool Randfontein se onderste sportveld.

Daar word ook Saterdag 9 April om 6vm by Laerskool Randfontein se sportgronde ‘n werkswinkel aangebied vir beginstappers en dié wat meer wil weet oor die korrekte tegnieke om vinniger en effektiewer te kan stap.

• Navrae: Vicky by 081 347 7110.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button