School sportSport

Riebeeck-rugbyspeler oppad na Italië

Bradley Gordon, een van 25 in Mauritz Hansen XV-toerspan.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op een van hul eersterugbyspanspelers, Bradley Gordon, wat onlangs in die Mauritz Hansen XV-toerspan ingesluit is en gedurende Oktober Italië gaan toer.

Volgens die skool het hul rugbyspanne gedurende die April-vakansie aan die Hansieweek rugbytoernooi deelgeneem en uitstekend gevaar.

Bradley se uitstekende spelpeil is toe raakgesien waar hy een van die 25 spelers gekies is vir die Mauritz Hansen XV-toerspan.

Verder is drie van Riebeeck se rugbyseuns gedurende die Hansieweektoernooi as Speler van die Wedstryd aangewys.

Hulle is Theart Visagie (o.14) teen Hoërskool Hans Strijdom; Gerhard Vorster (o.16) ook teen Hoërskool Hans Strijdom en Bradley Gordon (eerstespan) teen beide Hoërskool Vrede en Hoërskool Ellisras.

Janco Tiedt, Riebeeck se sportbestuurder was baie tevrede na afloop van die toernooi.

Volgens hom was daar groot verbetering in die spelers se vaardighede op die veld en dat elke speler sy kant gebring het.

“Daar is ‘n beduidende positiewe groei in Riebeeck se rugby. Ons sien sowaar met verwagting uit na die res van die seisoen,” sê Tiedt.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button