Jannas net te goed vir Bekker op rugbyveld

Jannas wen vier uit die vyf kragmetings, speel een gelykop.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het hul rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgeskop.

Jannas het teen Hoërskool Bekker gespeel op Saterdag, 20 Februarie en volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is ‘n kragmeting teen hulle altyd straf.

Die gees was beslis ook iets om oor huis toe te skryf.”

Soos by elke skool was die wedstryd tussen die twee eerste spanne die hoogtepunt van die dag.

Alhoewel die kragmeting met passie gespeel is het albei spanne na afloop van die wedstryd saam ‘n kring gevorm en gebid.

Volledige uitslae:

• o.14 — Jannas 32 – 5 Bekker

• o.15 — Jannas 12 -12 Bekker

• o.16 Jannas 26 – 12 Bekker

•2de span — Jannas 12 – 7 Bekker

• 1ste span — Jannas 7-5 Bekker

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version