Jannas Stoeiklub presteer in Kempton Park

Plaaslike stoeiers keer terug met 10 medaljes, drie goud.

Jannas Stoeiklub het tien medaljes verower tydens die Oos-Gauteng Ope Stoeikampioenskappe.

Tydens die kampioenskappe op Saterdag (21 Maart) in Kempton Park het die klub drie goue-, twee silwer- en drie bronsmedaljes ingepalm. Oor die 300 stoeiers was in aksie waarvan Jannas Stoeiklub 12 stoeiers ingeskryf het. Agt van hulle het medaljes verower.

“Ons is baie trots op ons stoeiers,” het Robbie van Coller, een van die afrigters verduidelik.

Hy het gesê, “Die outjies oefen baie hard en hul voorbereiding begin nou vrugte afwerp. Die medaljes het elkeen se selfvertroue ook ‘n hupstoot gegee.”

Medaljewenners was:

• Gideon Vermeulen – silwer

• George Moalusi – silwer

• Brandon Gouws – brons

• Henro van Coller – brons

• PJ Fourie – brons

• Gawie Erasmus – goud

• Qail Adam – goud

• Justin Landsberg – goud

Exit mobile version