12 medaljes vir Jannas Stoeiklub

Klub palm agt goud-, een silwer- en drie bronsmedaljes in.

Dit was iets soos uit die fliek 300 toe 12 lede van Jannas Stoeiklub onlangs teen 100 ander op die stoeimat kragte gemeet het.

Dit kompetisie Saterdag (7 Maart) in Fochville was die klub se eerste.

Volgens Robbie van Coller, die klubverteenwoordiger staan die kompetisie bekend as die Sentraal Gauteng Stoeivereniging (SGSV) se eerste Beginner Kampioenskappe. 112 stoeiers het deelgeneem waarvan 12 Jannas was.

Van Coller het na afloop van die toernooi gesê hy is baie trots op sy span en weet daar lê nog groot dinge voor vir die klub in 2015.

“Die manne het hul harte uitgestoei en al 12 het met medaljes weggestap.”

Agt van die medaljes was goud, een silwer en drie goud.

Die stoeiers wat deelgeneem het was:

• Aldré Groenewald – brons (Laerskool Rapportryer)

• Qail Adam – goud (Laerskool Rapportryer)

• Ricardo Scholtz – silwer (Randfontein Christian Academy)

• Wikus Brooderyk – goud (Hoërskool Jan Viljoen)

• Justin Nel – goud (Laerskool Rapportryer)

• Gideon Vermeulen – goud (Hoërskool Jan Viljoen)

• George Moalusi – goud (Hoërskool Jan Viljoen)

• Peet Fourie – goud (Laerskool Randfontein)

• Henro van Coller – brons (Laerskool Randfontein)

• Gawie Erasmus – goud (senior)

• Justin Landsberg – goud (Laerskool Rapportryer)

• Zander Holtzhausen – brons (Laerskool Randfontein)

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae by Hoërskool Jan Viljoen en Robbie wil almal, jonk en oud hartlik uitnooi om saam te kom oefen.

• Navrae: Robbie by 079 893 6367.

Exit mobile version