Goud galore vir Jannas

Jannas bo teen R'dpt- en W'aria-skole.

Atlete van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs uitgeblink in ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms teen Die Adelaar Gekombineerde Skool, Hoërskool Roodepoort en Glen Harvey.

Die hitte golf het weereens gesorg vir talle krampe en gerekte spiere maar daar was geen ernstige beserings nie.

Die kinders en onderwysers het almal seker gemaak dat hulle baie water drink en soveel as moontlik uit die son uit bly.

Jannas het die byeenkoms gemaklik gewen met 64 goue-, 39 silwer- en 39 bronsmedaljes. Hoërskool Roodepoort was tweede, Die Adelaar derde en Glen Harvey van Westonaria laaste.

Exit mobile version