Local sportSport

Witwarm resies op Oval Track

Resies entusiaste bederf met aksie by die Randfontein Oval Track.

Die Randfontein Oval Track is die afgelope naweek aan die brand gejaag.

Met lieflike weer is oud en jonk na die baan gelok vir ‘n vleisie op die kole en iets koud vir die keel terwyl renjaers mekaar aangevat het.

Die geleentheid het 6nm begin en eerste aan die beurt was die Flexis waar eienaar van Randfontein Oval, Deon Coetzee eerste plek gevat het. Tweede was John Mathews gevolg deur Gavin Rich.

Die dames het nie teruggestaan in die Quads-kategorie nie en was kort op die mans se hakke met hul algemene tye. Angelina Swanepoel was eerste met Jackie Ferra en Lee Ann Nel kort op haar hakke in tweede en derde plek.

In die mans se Quads-wedren het Brett van Rooyen gewen. Christopher Pietersen het tevergeefs probeer om Brett in te haal maar moes maar tevrede wees met tweede plek terwyl Steven Swanepoel die derde algehele plek gevat het. Volgende Saterdag gaan daar weer groot aksie by die baan wees en almal word genooi.

Die res van die uitslae:
• TinTops: Dave Rich (eerste), Fanie van Vuuren (tweede) en John Matthews (derde)
• Rookies: Marlu Briers (eerste), Duncan Schmulling (tweede) en Keogan Maartens (derde)
• 2100cc: Bino Barnard (eerste), Seef Fourie (tweede) en Pieter Wijtenburg (derde)
• 1660cc: Tommy Wotherspoon (eerste), Benjamin Morgenrood (tweede) en Hendri Coetzee (derde)
• Bangers: LeeRoy (eerste) Hoffman, Boet Prinsloo (tweede) en Jaco van Jaarsveld (derde)

View gallery here

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button