RHS bo in Top 10-skouspel

Rierand tweede, Jannas derde op 'n hittige dag van atletiekaksie.

Talle skole in Randfontein het Dinsdag by Hoërskool Jan Viljoen se sportsgronde bymekaar gekom vir ‘n Top 10-atletiekbyeenkoms.

Die warm dag het talle atlete onkant gevang en die mediese spanne by die byeenkoms moes bontstaan. Die toeskouers het maar van al die koelte gebruik gemaak en daar is deur die dag afgekondig dat almal baie water moes inneem en son skerm gebruik.

Die byeenkoms was vanjaar deur Randfontein High School (RHS) beheer terwyl Jannas die fasiliteite en toerusting vir die dag gereël het.

Daar was geen rekords verbeter op die dag nie maar volgens die punte het RHS eerste geeïndig gevolg deur Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) en Hoërskool Jan Viljoen (Jannas).

“Ons wil net baie dankie sê aan Johann Tiedt vir sy harde werk met die laaste minuut reëlings en dan ook al die beamptes wat die bloedige warm son moes verduur. Die dag was ‘n groot sukses,” het Sunette Smith, RHS se High Sports koördineerder gesê.

Deelnemende skole op die dag was:

• Rierand

• Jannas

• Phahama Sekondary School

• RHS

• Lukhanyo High School

• Thuto Lehakwe Secondary School

• Kgothalang Secondary School

• AB Phokompe Secondary School

• Ithuteng Secondary School

Exit mobile version