School sportSport

RAM kook in tuisbyeenkoms

Talle nou gekies om aan Randwes Subdistrikte-atletiekbyeenkoms deel te neem.

Laerskool Ranfontein (Rammies) het Maandag hul jaarlikse Sirkel A-atletiekbyeenkoms aangebied en gekook.

Hul opponente – FJL Wells; Setholela; Mohlakana; Malerato en Randfontein Primary School.

Volgens Annie Nolan van die skool “Was die atlete baie goed voorbereid gewees en die kompetisie onder mekaar sterk.”

Die gasheer-skool het op die dag met 29 eerste-; 25 tweede- en 22 derdeplekke uit die 82 items gespog.

RAM het veral goed gevaar in die items waar intense afrigting nodig was. Dit alles te danke aan toegewyde afrigters en personeel. Ram-atlete het 18 van die moontlike 24 plekke in gewigstoot en 13 van 24 vir verspring behaal.

“Ons is baie trots op ons atlete wat goed presteer het, dit het vrugte afgewerp. Na afloop van die byeenkoms is 38 atlete tussen die ouderdomsgroep van o.7 en o.13 in die Sirkel A-span opgeneem wie binnekort aan die Randwes Subdistrikte atletiekbyeenkoms gaan (65 items) deelneem.”

Top-atlete van RAM wat in meer as een item gaan deelneem is:

• o.13: JP Nel, Brandon Badenhorst en Michaela Lubbe

• o.12: Louis Smit, Kurt de Swardt, Tiané Lötter, Devonique Breedt en Vaughné Pretorius

• o.11: Kewen Smit, Marko Welman, Anré Naude en Dezire Nortjé

• o.10: Kieren Rautenbach, Tyrell Christie

• o.9: Elri Bosman

• o.8: Stephan Schwartz

• o.7: Michelle Combrink

Related Articles

Back to top button