Local sportSport

Stoei aan die groei aan die Wes-Rand

Stoei is een van die sportsoorte wat op fiksheid, soepelheid, dissipline en selfverdediging fokus.

Jonk en oud word genooi om betrokke te raak by een van die oudste vorms van vegkuns.

Hierdie uitnodiging kom van die Wes-Rand Stoeigimnasium by die Witpoortjie Ontspanningsentrum op die hoek van Vermooten- en Suidstraat wat reeds volstoom aan die gang is.

Die voorsitter Morné Mare het gesê dit is glad nie soos rofstoei (WWE) nie en fokus meer op fiksheid, soepelheid, dissipline en selfverdediging.

“Kinders maak ook van jongs af kennis met liggaamlike kontak. Dit bevorder soepelheid wat erge beserings kan voorkom.”

Hy het gesê stoei is veral goed vir rugbyspe-lers omdat daar op die nekspiere gefokus word en ook omdat liggaamlike kontak ‘n belang-rike faset van die sport is.

Stoei op beginnersvlak word eers op die mat beoefen omdat dit die risiko en impak van val-en-gooi-beserings beperk.

Morné sê stoei is waarskynlik een van die skoonste vorms van georganiseerde atletiese sport wat ‘n selfverdedigingskomponent bevat.

Stoei by dié gimnasium is ook nie net vir kinders (seuns en dogters) bedoel nie. Mans ouer as 40 kan ook by hulle aansluit.

Oefentye is elke Maandag van 6.15nm tot 7.30nm en Woensdae van 6.15nm tot 8nm.

Vir meer inligting kontak Morné by 083 626 0299 of vir Juan Nel (hoofafrigter) by 082 389 6046.

Enige navrae rakende registrasies kan aan Maryna Welman by 082 873 9421 gerig word.

Related Articles

Back to top button