School sportSport

Kleuterskole wys hyl staal by massabyeenkoms

Vir party was dit trane, vir ander pure pret.

Kleuterskole het op Vrydag 23 Januarie uitgehaal en gewys op die atletiekveld tydens ‘n massabyeenkoms by Ramkriekies.

Elke kleuterskool het met ‘n banier gespog waarop hul naam en motto gestaan het. Die kleuters het trots op die veld gestap asof hulle deel van ‘n parade was.

Die kleuterskole het ook elkeen ‘n lied gesing om die toeskouers, ouers en onderwysers te beïndruk. Ramkriekies het laaste gesing en het behoorlik die dak gelig.

Hulle stemmetjies is selfs tot by die laaste trap van die pawiljoen gehoor. Saam het hulle geskreeu, “Ons is, ons is Ramkriekies” en as daar ‘n sangbeker was sou hulle definitief gewen het. Na die optog is die kleuters in ouderdomsgroepe opgedeel vir die baanitems. Daleen Botha, onderwyser en aankondiger het vertel, “As hulle begin huil, huil hulle in ‘n koor. Hulle steek mekaar aan.”

So moes sommiges hul trane afvee, terwyl ander al te gretig was om aan die items deel te neem.

Aan die einde van die dag het elke kleuter wat deelgeneem het iets ontvang vir hul deelname. Van die kleuters het medaljes ontvang terwyl die kleineres lekkers ontvang.

Besoek die gallery vir nog foto’s.

Related Articles

Back to top button