School sportSport

Gemsbokke bo in Rammies-interhuis

...wen ook sangbeker.

Daar was net een span tydens Laerskool Randfontein (Rammies) se onlangse interhuis-atletiekbyeenkoms en dis die Gemsbokke.

Van die veld af het mammas en pappas seker gemaak hul kinders is van kop tot toon met sonroom gesmeer voordat hulle deelneem. Sjokelade en ysies was ook stillitjies uitgedeel om die energievlakke hoog te hou.

Op die veld het die leerlinge soos atlete by die Olimpiese Spele gelyk met hul ogies toe geknyp tot by die wenstreep.

Die Graad 1s het ook ‘n kans gery om te kompiteer alhoewel dit nie in die skool se rekordboeke geskryf was nie want hulle beentjies was net te klein om behoorlik by te bly.

Meisies wat aan hoogspring deelgeneem het, het diep asem gehaal en op hul tone gaan staan voor hulle beurt. Maer seuntjies het gewiggestoot gedoen en het hul maatjies laat oop mond staan toe hulle veder kon gooi as wat verwag is.

Sommige ouers het op kampstoele gesit by hulle kinders se items om vir hulle raad te gee. Dit was ook die eerste jaar wat RAM diskus en spiesgooi beskikbaar gehad het.

‘n Paar uitstekende prestasies sluit in:

• Tiaan Barnard – eerste vir gewigstoot

• Chris Smit – eerste vir gewigstoot

• Anre Naudé – ‘n rekord verbeter in die 100m

• Michaela Lubbe – ‘n rekord verbeter in die 200m

• Jnr Victor Ludorum – Stephan Swartz

• Jnr Victrix Ludorum – Elri Bosman

• Snr Victor Ludorm – J.P Nel

• Snr Victrix Ludorm – Michaela Lubbe

Huispunte:

• Die gemsbokke het oor die algemeen gewen met 500 punte. Hulle het ook die sangbeker gewen

• Elande het 433 punte gehad

• Koedoes het 349 punte gehad

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button