Local sportSport

Landloop-kampioen gereed vir werêld

Lize Kellerman voolstoom aan die oefen vir Jeug Wêreldkampioenskappe in Julie.

Lize Kellerman, 15, het volgens haar afrigter Hein Maré die potensiaal om vir Suid Afrika naam te maak in internasionale atletiekkompetisies.

Op 13 December 2014 het Lize die tweede plek tydens die SA skole landloopbyeenkoms in Pretoria in die 4km vir dogters o.15 behaal. Sy het ook in April verlede jaar goud gevat tydens die SA skole atletiekbyeenkoms in Pietermaritzburg in ‘n tyd van 2min en 11 sekondes.

“Sy is nou baie naby om te kwalifiseer en het kans tot en met die SA’s. Sy werk vreeslik hard en het dit werklik in haar om nog vêr te kom,” het afrigter Hein gesê.

Lize sit nou skouer aan die wiel vir die IAAF Jeug Wêreldkampioenskappe wat van die 15de tot 19de Julie in Colombia plaasvind.

Die jong dame gaan vêr kom en die herald wens Lize alle sterkte toe met haar voorbereidings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button