SportUpdate

Proteas buig knie teen Bokke

Matfield, le Roux en Alberts skitter in Bok-span se vyf paaltjie oorwinning.

Dis ‘n jammer die voorlopige Protea-groep is reeds bekendgemaak vir volgende jaar se Wêreldbeker want keurders kon net sowel vir Willem Alberts en Victor Matfield nader geroep het.

5 Desember 2013 sal virewig onthou word as die dag wat voormalige president Nelson Mandela tragies oorlede is maar op Vrydag 5 Desember 2014, ‘n jaar later, het die Bokke die Proteas ook met vyf paaltjies geklop.

O ja, en Matfield se 62 van 36 balle; twee misvangkanse en een paaltjie, Willie le Roux se uitstaande vangskoot en drie paaltjies en Willem Alberts wat 27 van slegs sewe balle gemoker het.

Miskien het die Proteas die ‘wedstryd’ wat amptelik as die ‘Nelson Mandela Legacy’-beker bekendstaan te ligtelik opgeneem.

Om regverdig te wees het die Proteas stadiger geboul as wat hy kan en natuurlik nie alles gegee nie. Bygesê was David Miller nie uit nie en die kaptein Hashim Amla het besluit om na sy 50-tal af te tree. AB de Villiers het ook nie gespeel nie, so ook Faf du Plessis, JP Duminy en Vernon Philander.

Ongelukkig vir die Proteas het Boucher se Bok-span gespeel asof hulle eerder die span is wat oor ‘n paar maande Australië toe gaan.

Daar was ook talle hoogtepunte en ja Matfield se naam word weer genoem. Sy puik aflewering en Phangiso-paaltjie het nou nog mense aan die praat. Wat nog van le Roux wat drie paaltjies geneem en slegs vier lopies afgestaan het. Wie kan dan die eerste aflewering van Dale Steyn vergeet. Hy het gehardloop, die bal neergegooi en na Matfield geloop vir ‘n ‘selfie’. Die radio-omroeper Darren Whackhead Simpson van 94.7 se verskyning was ook die ‘cherry’ op die koek.

Op die einde van die dag het alles oor Madiba gegaan en hoe sport mense saambring. Daar is ook gesê dat meer as R100 000 vir die Nelson Mandela Foundation ingesamel is.

Vir die Proteas is dit maar een wat hulle op die ken moet vat en met die Bokke ‘n geval van ‘Wie’s volgende?’ Miskien ‘n toer na Sri-Lanka…?

Het jy dit gemis? Kry al die aksie hier danksy Supersport

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button