Local sportSport

Rugby: Ons gaan jare, jare terug

Vir talle mense is rugby in Suid-Afrika 'n Godsdiens. Die geskiedenis viral in Randfontein is gebasseer op hoorsê, daarom wil Jannie van Loggerenberg 'n boek skryf met al die feite.

Dit kan die bloed in jou are laat kook; ordentlikke mense laat skreeu soos varke en selfs ‘n nasie nader aanmekaar bring. Dit kan ook die trots vir ons land weërspiel in ‘n liedjie maar een ding is virseker – rugby is maar net in ‘n Suid-Afrikaner se bloed.

Nou van waar kom die gewilde sport dan vandaan?

Baie mense glo dat rugby gebore is in 1823 toe die Brit, William Webb Ellis die bal optel en met dit begin hardloop het gedurende ‘n sokkervoetbalspel. So gewild is die storie dat die internasionale rugby kommitee die Wêreldbeker namens hom vernoem het.

Dominee George Ogilvie (bynaam Gog) wat in 1826 in Wiltshire, Engeland gebore is en toe later in 1861 die Hoof was van Diocesan College in Rondebosch het die spel aan Suid Afrika voorgestel. Die eerste spel is gespeel op 21 Augustus 1862 tussen die weermag en die staatsdienswerkers in Kaapstad. Dit was toe nog Winchester Voetbal genoem met ander reëls as die rugby wat ons vandag ken.

Rugby het eers in SA populêr geword met die aankoms van William Henry Milton, ‘n Engelse agterspeler in die 1870s. Hy het toe vir die Villagers-klub gespeel – een van die drie spanne in SA. Die sport het toe baie gewild geraak en was gespeel oor die hele SA teen 1890.

Die jaar 1890 was dan ook die jaar wat Randfontein gevorm is onder die Krugersdorp munisipaliteit. Daar is bykans geen historiese inligting beskikbaar oor die rugby gespeel in die dorp gedurende daardie eerste jare nie. Die eerste rugbyveld was na bewering oorkant die ou polisie stasie (huideglik Checkers).

Minstens 39 jaar later het Randfontein in 1929 hulle eie munisipaliteit gestig en volgens justisie-argiewe is die sittings van die periodieke Hof sedert 1906 by die pawiljoene van die “South Recreation Hall” gehou waar daar tot en met 1936 ‘n rugbyveld was. Die nuwe rugbyveld in Greenhills is volgens rekords in 1938 gebou en op 20 February 1949 is die Randfontein Rugbyklub (nou bekend as Teine) begin met Corrie van Zyl as voorsitter.

Jannie van Loggerenberg van die klub het uit die bloute uit besluit om ‘n boek te skryf oor die klub se geskiedenis en het die Randfontein gemeenskap gevra om na vore te kom met hulle rugby stories wat betrekking hou met die Randfontein Rugbyklub.

“Dalk was jou pa of oupa ‘n speler van daai eerste paar jare van die klub, of selfs dalk ‘n kommittee-lid. Ek is baie opgewonde om met die projek te begin,” het van Loggerenberg gesê.

“Ek glo ons klub het ‘n ryk geskiedenis met uitblinkerspelers wat nie vergeet mag word nie. Manne soos Charles Pieterse (Leeus); Jannie Tiedt (Transvaal en Springbok); die Russouw-broers; Terrance Stewart; Piet Botha; Tiny Naude en Jopie Adlam (Transvaal nou Leeus, Stormers en Springbokke) mag nie vergeet word nie. Dit is hoekom ek ‘n boek wil skryf,” het hy weer met ‘n vonkel in sy oë verduidelik.

As jy inligting of fotos het of iemand dalk ken wat gespeel het kontak Jannie 082 519 0031 of epos hom by mabalengtrading@gmail.com

So het Ranfontein Rugbyklub se spelers in die 1950's gelyk. Hier staan die manne voor Corrie van Zyl se huis wat ook die oud-kleedkamers was van die klub. Van links agter (slegs voorletters en vanne): C Kruger, J Griffiths, H Gagiano, J Nel, M Schoeman en P Pienaar, ry twee: H West, C Botha, N Hudson, W Barnard en A Ellis (Kaptein), ry drie: N van der Westhuizen, P Spies en H Nelson en voor: J Strydom, Connie Kruger (Gelukbringer) en H Joubert.
So het Ranfontein Rugbyklub se spelers in die 1950’s gelyk. Hier staan die manne voor Corrie van Zyl se huis wat ook die oud-kleedkamers was van die klub. Van links agter (slegs voorletters en vanne): C Kruger, J Griffiths, H Gagiano, J Nel, M Schoeman en P Pienaar, ry twee: H West, C Botha, N Hudson, W Barnard en A Ellis (Kaptein), ry drie: N van der Westhuizen, P Spies en H Nelson en voor: J Strydom, Connie Kruger (Gelukbringer) en H Joubert.

Related Articles

Back to top button