Local sportSport

Rierand-onnie doen 94.7 Cycle Challenge vir goeie doel

'Dankie vir almal wat my dopgehou en my deurgebid het'

Leona Esterhuyse, ‘n skeppende kuns- en drama onderwyseres by Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar ‘n uitdaging aangepak wat meeste sou laat vaar.

Sy het die gewilde Momentum 94.7 Cycle Challenge die afgelope Sondag (16 November) aangedurf. 33 000 fietsryers het die strate van Johannesburg op die dag binnegevaar.

Leona vertel, “Die krampe op die langpad was vir seker ‘n uitdaging maar ek het vasgebyt vir die Paige-projek – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat vir serebraal gestremde kinders fondse insamel.”

Leona het gekies om vir die span te ry en het gesê, “Ek wil ‘n verskil maak in die kinders se lewe.”

Sy het die wedren op 51-jarige ouderdom voltooi – nogal haar heel eerste wedren.

Die skool se Rickus Kruger het gesê, “Die feit dat Leona die wedren voltooi het en dit vir ‘n goeie doel, is werklik ‘n prestasie. Sy is ‘n inspirasie.”

“Dankie vir elke Randfonteiner en Rierander wat my dopgehou en deurgebid het,” het Leona dankbaar gesê.

Verwante artikels:

Netherlands, Namibia on top at 94.7 Cycle Challenge

Women cyclists in the spotlight at 94.7 Cycle Challenge

Road closures for 94.7 Cycle Challenge announced

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button