School sportSport

Rierand bo in nege-uur marathon

Span van ses seuns en vier dogters wen goud vir Hoërskool Riebeeckrand.

Dit was die atlete van Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) wat bo geëndig het in die jaarlikse nege-uur marathon wat deur Hoërskool Jan Viljoen aangebied is.

Rierand het soos gewoonlik ‘n gemengde span van ses seuns en vier dogters ingeskryf. Hulle hou ook die rekord in die gemengde afdeling vir hoërskole wat in 2013 opgestel is.

Atlete het om 3nm weggespring en eers om middernag klaargemaak nadat hulle ‘n totaal van 127km afgelê het. Rierand-atlete het hul alles gegee en is tydens die prysuitdeling met ‘n gouemedalje beloon.

Die span bestaan uit die volgende leerlinge:

Duanne Grobler (Gr 8), Franco Prinsloo (Gr 9), Shaun Rothman (Gr 9), Nathan Steyn (Gr 9), Marco Briedenhan (Gr 9), Devon du Toit (Gr 9), Cherise Nieuwoudt (Gr 9), Twanette Thoms (Gr 9), Megan Gebhardt (Gr 9) en Zani Henery (Gr 9).

Die wenskool bedank Christene Luus dat sy die span bestuur het.

Related Articles

Back to top button