Local sportSport

Jannas Stoeiklub se vooruitsigte

Plaaslike stoeiklub eers weer in Januarie oop.

Jannas Stoeiklub sal hul deure vir ‘n ruk sluit sodat hul atlete en afrigters tydens die feestydperk ‘n bietjie kan rus.

Robbie van Coller van die klub het gesê, “Oefensessies sal weer op 13 Januarie 2015 begin. Jannas nooi enige nuwe stoeiers om gratis op Dinsdae en Donderdae van 6nm af te kom oefen.

“Die klub wil veral op juniors fokus, maar almal is welkom. Aansluitingsfooi by die klub is R50, waarna lede R100 per maand betaal. Die gelde word sal verminder as daar meer lede van ‘n gesin aansluit.

“Ons beplan om die vele kampioenskappe en toernooie volgende jaar met ‘n sterk span aan te vat aangesien ons afrigter, Ben Gouws as een van die beste afrigters in die land beskou word,” het van Coller gesê.

Hy het bygevoeg dat hulle daarna uitsien om almal terug te verwelkom.

• Navrae: Robbie by 079 893 6367.

Related Articles

Back to top button