Local sportSport

Rierand se kultuur- en sportsterre beloon

Tien leerlinge ontvang die gesogde wit baadjie.

Hoërskool Riebeeckrand se sport- en kultuurprysuitdeling was weereens ‘n prestige-aand waar leerlinge se harde werk beloon is.

Die toekennings wys dat Riebeeckrand se sport gesond is en dat daar talentvolle sportsterre in hul midde is.

Die uitblinkers van die aand was sekerlik dié wat lourier-toekennings ontvang het vir verskeie prestasies.

Daar word ‘n wit skoolbaadjie aan elke leerling oorhandig wat aan ‘n nasionale byeenkoms deelgeneem het en is werklik ‘n eer en die hoogste erkenning.

Ruan van Zyl, Christiaan Pretorius, Sean Smit, Wikus Myburgh, Michal Broodryk, Hanno Jordaan, Ezra Ferreira, Larisca Stoltz, Lizerie Ferreira en Sandy Thwala het almal wit baadjies ontvang. Dit is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat 10 leerlinge louriertoekennings ontvang het.

Ezra het die veelsydigste sportseun van die jaar toekenning ontvang en Larisca is as die veelsydige sportdogter van die jaar aangewys.

Wat die kultuurafdeling aanbetref het die aantal toekennings gewys dat Rierand ‘n top skool op dié gebied is.

Vele leerlinge het erekleure ontvang maar die uitblinkers van die aand was Ruan van Zyl en Monique Crafford.

Monique het met die volgende spesiale toekennings weggestap: Beste Eisteddfod-prestasie vir ‘n dogter, Beste senior openbare spreker en veelsydigste kultuurleerling.

Ruan het met die volgende toekennings weggestap: Beste Eisteddfod-prestasie vir ‘n seun, Beste senior redenaar en die kultuuraand-prysingstoekenning.

Riebeeckrand is baie trots op hulle leerlinge se prestasies. Spesiale dank aan Suzanne Tiedt en Annemari van Dyke-Geyser wat die aande georganiseer het.

Larisca Stoltz is een van die Hoërskool Riebeeckrand-leerlinge wat ‘n wit baadjie  ontvang het vir haar deelname in die Nasionale Loerie byeenkoms.
Larisca Stoltz is een van die Hoërskool Riebeeckrand-leerlinge wat ‘n wit baadjie ontvang het vir haar deelname in die Nasionale Loerie byeenkoms.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button