Local sportSport

Drie ringbalspelers op pad na Indië

Anri, Twanette en Werner maak Randfontein trots.

Twee dogters en ‘n seun van Randfontein sal in Desember Suid-Afrika tydens ‘n ringbalkampioenskap oorsee verteenwoordig.

Die byeenkoms sal in New Delhi, Indië plaasvind waar Suid-Afrika, Indië en Namibië kragte gaan meet. ‘n o.17 dogters- en seunsspan, asook ‘n mans- en vrouespan sal die land daar verteenwoordig.

Een van die dogters, Anri Coetser (o.17) het ringbal begin speel toe sy 11 jaar oud was. Twanette Thoms (o.15) het op agtjarige ouderdom begin speel en Werner Barnard (o.17) was 12 jaar oud toe hy begin speel het.

Die drie spelers het reeds Suid-Afrikaanse kleure verwerf in verskillende ouderdomskategorieë. Anri en Twanette is lede van die Geckos Ringbalklub tervyl Werner ‘n lid is van Greenhills Ringbalklub. Beide die klubs vorm deel van die Gauteng Suidwes Ringbal Distrik.

Dié drie maak Randfontein beslis trots op die sportveld.

Wat is ringbal nou weer?

Ringbal is ‘n spansport wat uit nege spelers bestaan. Dit het voorheen bekend gestaan as korfbal maar die naam het verander om internasionaal aan te pas vir deelname. Met die eerste oogopslag lyk die sport amper soos netbal – die twee grootste verskille is dat spelers hul voete kan beweeg en dat die bal onderarm gegooi word.

Anri Coetser en Twanette Thoms.
Anri Coetser en Twanette Thoms.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button