Local sportSport

Boksers staan uit by SA’s

Randgate Amateur Boksklub spog met 'n Suid-Afrikaanse bokskampioen.

Drie van Randgate Amateur Boksklub se junior boksers het hul staal gewys tydens die Suid-Afrikaanse Skoolseuns en -dogters Bokskampioenskappe.

Volgens die hoofafrigter by Randgate Amateur Boksklub, Willie Gonsalves het diƩ kampioenskappe van 7 tot 11 Oktober in Welkom plaasgevind.

“Net die top boksers in die land het die geleentheid gekry om in die kryt te klim en die boksers van Randfontein het weereens gewys dat hulle vir niemand terugstaan nie,” vertel Gonsalves.

Hy sĆŖ dat Nicole Calitz, Ernest da Silva en Amorie Gonsalves aan diĆ© kampioenskappe deelgeneem het.

“Ongelukkig het Nicole wat in die 57kg-afdeling meegeding het, nie ‘n opponent gehad nie, en kon dus nie in aanmerking vir ‘n medalje kom nie,” vertel Gonsalves.

Ernest het puik geboks en baie goed in die 48kg-afdeling vertoon, maar ongelukkig het hy in die kwarteindstryd uitgeval.

“Amorie het tydens die kampioenskappe uitgeblink en ons almal se verwagtinge oortref,” vertel Gonsalves.

DiĆ© dinamiese bokser het in die 54kg-afdeling meegeding en in die eindstryd handskoene teen ‘n onoorwonne opponent geskuur. Na drie taai rondtes het sy haar handskoen omhoog gehou en met die gouemedalje weggestap.

“Ek is baie trots op elkeen van die boksers, alhoewel nie almal van hulle in die eindstryd geboks het nie, het hulle baie goeie tegniek gewys deur die jaar en is hulle op pad om groot opslae in die bokskringe te maak,” vertel Gonsalves.

Related Articles

Back to top button