Teine maak gereed vir 2015

Randfontein Rugbyklub se planne vorentoe sal by hul algemene jaarvergadering bespreek word.

Randfontein Rugbyklub is vuur en vlam om volgende jaar op hul sukses voort te bou.

2014 was een van die klub se beste seisoene. Volgens die hoofafrigter van Randfontein Rugbyklub, Jacques Conradie sal die klub op 31 Oktober hul algemene jaarvergadering hou waartydens hulle die pad voorentoe sal bespreek.

Die vergadering sal om 6nm begin en die 2015-komitee sal dan ook verkies word.

“Ons is baie dankbaar vir die sukses dié jaar en sien baie uit na die uitdagings wat in 2015 op ons wag,” vertel Conradie.

Die komitee en afrigtingspan bedank die spelers en hul families, borge en getroue ondersteuners vir die hulp en bystand gedurende die 2014-seisoen.

“Na afloop van die vergadering sal die jaareindfunksie en prysuitdeling plaasvind,” vertel Conradie.

Exit mobile version