Local sportSport

43 maak Kosmos Jukskeiklub trots

Hulle is gekies om aan die Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe deel te neem.

Kosmos Jukskeiklub spog met 43 van hul junior spelers.

Dié spelers gaan gedurende Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelneem.

Volgens die sekretaris van die junior jukskeikommittee, Martin Nel sal dié kampioenskappe van 12 tot 19 Desember plaasvind.

Nel vertel dat Kosmos Jukskeiklub deel van die Wes-Rand Jukskei Distrik vorm.

Die distrik sluit in klubs van Roodepoort, Krugersdorp, Randfontein, Westonaria en Carletonville.

“54 junior jukskeispelers van dié distrik gaan aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem en dit is vir ons klub ‘n groot eer om 43 spelers in dié groep te hê,” vertel Nel.

Hy sê dat die Wes-Rand Jukskei Distrik die huidige SA-kampioene is en dat hulle hul titel tydens die Kroonstad-toernooi sal verdedig.

“Ons is baie opgewonde oor dié kampioenskappe en is hard besig met voorbereiding om weer tydens die geleentheid te seëvier,” sluit Nel af.

Related Articles

Back to top button