School sportSport

Tien Ram-krieketspelers haal Gauteng-spanne

Vier in junior en ses in senior Gauteng-Wes krieketspanne ingesluit.

Laerskool Randfontein het ‘n besondere krieketseisoen beleef en spog met tien leerlinge wat in die junior en senior Gauteng-Wes Krieketspanne opgeneem is.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het Ram se krieketspanne byna al hul ligawedstryde vanjaar gewen.

“Ons het ook twee spanne, die o.9’s en o.11’s, in die eindstryd van die liga gehad,” vertel Nolan.

Volgens haar het die o.9’s, o.11’s, o.12’s en eerstekrieketspan onlangs aan die Gauteng-Wes Krieketproewe deelgeneem.

“Tydens dié proewe is vier junior en ses senior krieketspelers in die Gauteng-Wes Krieketspanne opgeneem,” vertel Nolan trots.

Dié spelers is FG Mulder, Kieren Rautenbach, Joshua Quickelberge, Nathan du Plooy, Roché Rautenbach, Damian McPhee, Khotso Segale, Dillin Hanekom, Keanu Botha en Riaan Delport.

“Die seuns is hard aan die oefen en sal binnekort as deel van die Gauteng-Wes span op ‘n toer gaan waar hulle kragte teen spanne van regoor die land sal meet,” vertel Nolan.

Die hoof en personeel van Ram wens die seuns sterkte toe en hoop om nog baie meer van hul suksesse te hoor.

Related Articles

Back to top button