School sportSport

Rierand die broeiplek vir jukskeisterre

11 Hoërskool Riebeeckrand-jukskeispelers in Gauteng-Wes-span ingesluit.

11 van Hoërskool Riebeeckrand se top jukskeispelers is in die Gauteng-span ingesluit.

Die Gauteng-Wes Jukskeispan sal binnekort aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelneem.

Die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger vertel, “Die 11 spelers is gekies na die Jukskei Bondedag wat op 27 September plaasgevind het.

“Die kompetisie was baie sterk, maar steeds het Sandy Thwala, Hanno Jordaan, Larisca Stoltz, Ju-hanie Wilken, Nicoleen van Seventer, Veandri Pieterse, MC Coetzee, Marna Bronkhorst, Atalie Botha, Michal Broodryk en Janco Saunders hulself baie goed van hul taak gekwyt en hul plek in die Gauteng-Wes Jukskeispan bespreek,” vertel Kruger.

Namens die bestuur en onderwysers van Hoërskool Riebeeckrand, wens Kruger dié leerlinge geluk en sterkte toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button