School sportSport

Rierand oorwin Monnas in halfeindstryd

Wen met 29 lopies, pak nou Fochville in skoleliga-eindstryd.

Die juniorkrieketspan van HoĂ«rskool Riebeeckrand het hul plek in die eindstryd van die Wes-Rand Skole Krieketliga verseker met ‘n spoggerige 29-lopie sege oor Monnas in die halfeindstryd.

Volgens die bemarker van HoĂ«rskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was dit ‘n David-teen-Goliat-wedstryd. Riebeeckrand het vroeĂ«r die seisoen reeds met Monnas in ‘n 20/20 formaat afgereken.

Riebeekrand het eerste gekolf; Divan van den Berg en Duanne Grobler het die kolfbeurt geopen en ‘n stewige basis vir die span gelĂª. Daarna het die manne van Rierand teen ‘n stewige tempo gekolf en ‘n telling van 255 lopies aangeteken.

CornĂ© Aldridge het puik gekolf en weereens gewys dat hy ‘n gevaar is met die kolf in die hand. Hy het 64 lopies vir slegs 66 balle gemoker.

Franco Prinsloo het ook sy kant met die kolf gebring en het 39 lopies vir 35 balle aangeteken. Rierand het met die bal in die hand reeds in die eerste beurt ‘n paaltjie laat kantel en vir Monnas dadelik op die agtervoet gehad.

Bailey Locker het met puik boulwerk die manne van Monnas aan die dink gehad en het vier paaltjies vir 36 lopies geneem. Bennie Smith het Monnas se laaste paaltjie met ‘n puik draaibal in die 42ste beurt geneem en hul kolfbeurt met ‘n telling van 226 lopies laat eindig.

Franco Prinsloo het ook gewys wat hy met die bal in die hand kan doen en het twee belangrike paaltjies vir 34 lopies laat kantel.

“Dit is ‘n puik prestasie aangesien Monument so ‘n gesoute span is, maar spanwerk en positiewe enegrie het weereens geseĂ«vier,” vertel Kruger.

Riebeeckrand pak binnekort vir HoĂ«rskool Fochville in die eindstryd en sal ‘n dag-aand kragmeting wees.

Related Articles

Back to top button