Local sportSport

Drie medaljes vir Jannas-stoeiklub

Twee goud, een bronsmedalje vir plaaslike stoeiers by Interskole-kampioenskappe.

Jannas Stoeiklub het tydens die afgelope Interskole Stoeikampioenskappe met drie welverdiende medaljes weggestap.

Volgens ‘n verteenwoordiger van die klub, Robbie van Coller “Het drie van ons stoeiers op 20 September aan die Interskole Stoeikampioenskappe in Fochville deelgeneem. Daar het Henro van Coller, Brandon Gouws en Justin Nel teen stoeiers van so ver as Newlands kragte gemeet.

“Ons stoeiers het baie goed gedoen en ‘n totaal van drie medaljés ingepalm,” vertel Van Coller.

Henro, wat in die o.8 en 24 tot 26 kilogram kategorie deelgeneem het, het ‘n algehele derde plek behaal en homself van ‘n brons medaljé virseker.

“Justin het in die o.13 en 47 tot 49 kilogram kategorie sy staal gewys en al sy oponente oordonder om sodoende ‘n goue medaljé te verower,” vertel Van Coller.

Die laaste Randfontein stoeier, Brandon, het ook ‘n goue medaljé in die o.18 en 77 tot 79 kilogram kategorie verower.

“Baie geluk aan elkeen van dié stoeiers en sterkte vir die res van julle seisoen,” vertel Van Coller.

Related Articles

Back to top button