Local sportSport

Vergooiatlete van regoor Gauteng wys hul staal

Randfontein die gasheer van vanjaar se Sentraal Gauteng Vergooikampioenskappe.

Sowat 11 van Suid-Afrika se top vergooiatlete het die afgelope naweek letterlik tydens die Sentraal Gauteng Vergooikampioenskappe hul gewig rondegooi.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Randfontein Vergooiklub, Serel van der Linde, is vergooi ‘n sport waar jy ‘n gewiggie met ‘n vistok so ver moontlik moet werp.

Hy vertel verder dat dié sportsoort nie net jou taktiese gooiwerk verbeter nie, maar bied ook oewerhengelaars die geleentheid om hul aas verder te gooi wanneer hulle hengel.

“Die dag was ‘n reuse sukses en ons het van ons land se beste vergooiatlete teenwoordig gehad,” vertel Van der Linde.

Hy vertel dat vergooiers soos Bossie van Rensburg en Johan Beukes, wat al per geleentheid die Suid-Afrikaanse Vergooikampioenskappe gewen het, ook by die geleentheid hul staal kom wys het.

“Ek wil aan elke vergooiatleet wat die dag bygewoon het dankie sê. Met julle hulp en deelname kan ons dié sport laat groei en Randfontein se Vergooiklub finaal op die been bring,” vertel Van der Linde.

• Navrae: Sarel van der Linde by 076 197 7845 of 082 477 8433.

Related Articles

Back to top button