School sportSport

Jannas lewer Wes-Randkrieketspelers op

'Ek is oortuig dat hulle 'n groot rol in hul onderskeie ouderdomsgroepe sal speel' — afrigter.

Hoërskool Jan Viljoen spog vanjaar met drie van hul kranige krieketspelers wat onlangs in die Wes-Randkrieketspan opgeneem is.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Hoërskool Jan Viljoen, George Smith het beide Asthon Fourie en Riandré Gerber die o.15 Wes-Randkrieketspan gehaal, terwyl JP Brummer in die o.18-span opgeneem is.

“Die drie leerlinge en kranige krieketspelers sal nou as deel van die Wes-Randkrieketspan teen ander streke meeding,” vertel Smith.

Hy vertel verder dat dié leerlinge beslis ‘n aanwins vir die Wes-Randkrieketspan is en dat hulle beslis ‘n groot rol in hul onderskeie ouderdomsgroepe sal speel.

“Ons is verskriklik trots op elkeen van die leerlinge en wens hulle alle sterkte toe met hul opkomende kragmetings as deel van die Wes-Randkrieketspan,” vertel Smith.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button