Local sportSport

Renjaers gereed vir Droogeheuwel 200

Randfontein-veldrenliefhebbers vuur en vlam vir Droogeheuwel 200.

Veldrenliefhebbers is slaggereed vir die komende Droogeheuwel 200-byeenkoms; maar niemand soos Jozua van Niekerk en Hein Loots nie.

Die twee Randfontein-renjaers is vuur en vlam om naam te maak en die kollig te steel.

Volgens Van Niekerk neem hy en Loots al vir sowat ses maande as ‘n span deel en het reeds groot opslae in hul klas gemaak.

“Ons neem deel in die B-klas van die Womsa (World of Motorsport South Africa) streekskampioenskappe asook klubkampioenskappe. Ons lê tans derde op die punteleer in albei dié kampioenskappe.”

Van Niekerk vertel verder dat hulle volgende wedren op 18 Oktober by Droogeheuwel net buite Randfontein plaasvind.

Daar gaan Van Niekerk en sy navigator Loots ‘n 200 km-wedren oor verskeie grasvlaktes en grondpaaie aandurf.

Van Niekerk doen ‘n beroep op die gemeenskap van Randfontein om die geleentheid by te woon en lekker saam met die familie by Droogeheuwel te kuier.

“Daar sal langs die roete verskeie toeskouerpunte wees waar motorsportliefhebbers ons in aksie kan sien,” vertel Van Niekerk.

Toegang tot die geleentheid is gratis. Hy vertel ook dat die organiseerders Africa-Offroad Racing tans verskeie borge benodig om dié wedren effektief aan te bied.

• Navrae: Flip of Berta Welman by 083 448 9205.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button