Silwer vir Liza tydens SA’s

Plaaslike atleet Liza Kellerman wys sy is wêreldkampioen-materiaal.

Randfontein se landloop-ster Liza Kellerman het tydens vanjaar se Nasionale Landloopkampioenskappe weer bewys dat sy iemand is om mee rekening te hou.

Liza het vanjaar in die o.15-kategorie vir dogters deelgeneem en ‘n welverdiende tweede plek oor die 4km-wedloop behaal.

Dié kampioenskappe wat deur Atletiek Suid-Afrika aangebied is, het op 13 September in George plaasgevind.

Volgens Liza was dit ‘n strawwe kompetisie. “Ek moes baie hard oefen om gereed te wees vir die kampioenskappe.”

Liza is tans die o.15-skole SA-kampioen in die 800m en het groot planne vir die toekoms.

Sy vertel dat na haar puik prestasies by die nasionale Landloopkampioenskappe, beplan sy en haar afrigter om volgende jaar aan die wêreldkampioenskappe deel te neem.

“Ek wil net dankie sê aan my afrigter, Hein Maré vir al die tyd wat hy insit om my fiks en gereed te kry vir elke kampioenskap, asook aan my ouers, vriende en familie vir hulle ondersteuning. Ek waardeer dit opreg,” vertel Liza.

Exit mobile version