School sportSport

Twee van Rierand haal o.19 Wes-Rand krieketspan

Dillon Harmse (Graad 11) en Bennie Beyleveld (Graad 12) maak skool trots.

Hoërskool Riebeeckrand se krieketspanne sal binnekort in die halfeindstryd van die skolekrieketliga meeding.

Maar die byna puik en suksesvolle seisoen is nie al nie… Twee van hul spelers in die o.19 Wes-Rand krieketspan ingesluit.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het Rierand se krieketmanne vanjaar puik gevaar en is hulle vasbeslote om tot die eindstryd deur te dring.

“Behalwe vir die spanne se puik resultate tot dusver in die skoleliga het talle van ons spelers onlangs aan die Wes-Rand krieketproewe deelgeneem,” vertel Kruger.

Dillon Harmse (Graad 11) en Bennie Beyleveld (Graad 12) het puik vaardighede tydens die proewe ten toon gestel en is vir die o.19 Wes-Rand krieketspan gekies. Beide seuns het ook in die verlede Wes-Rand krieket op junior vlak gespeel.

“Die Wes-Rand span neem aan die Gauteng-week deel wat van 8 tot 12 Oktober sal plaasvind. Bennie en Dillon het al by vele geleenthede gewys dat hulle sleutelspelers is en hulle sal vir seker ‘n groot rol in streek-en skoolspanne speel,” vertel Kruger.

Dit is ‘n puik prestasie en Riebeeckrand is baie trots op die seuns.

Related Articles

Back to top button