School sportSport

Randfontein Sekondêr sover onoorwonne in skoleliga

Beide spanne 'n inspirasie vir ons gemeenskap.

Randfontein Sekondêre Skool se junior en senior krieketspanne spog met ‘n trotse onoorwonne rekord tot dusver in die skoleliga, en hulle wil dit so hou.

Afrigter van die spanne, Julian Bailey sê, “Met nog drie kragmetings oor in die skoleliga is die spelers baie positief en vasbeslote om hul onoorwonne status te behou.

“Die junior span het reeds teen Hoërskool Nic Diederichs, Hoërskool Riebeeckrand en Hoërskool Fochville kragte gemeet en al drie dié kragmetings oortuigend gewen,” vertel Bailey.

Hy sê dat die senior span ook met dié skole afgereken het asook met Hoërskool Ahmed Timol.

Albei Randfontein Sekondêre Skool se krieketspanne het nog drie wedstryde oor en is tans besig om vir hul volgende kragmeting voor te berei.

“Ek glo dat dit met dié spelers sal goedgaan. Hulle is werklik ‘n inspirasie vir ons gemeenskap en ons as skool wens hulle alle sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê,” vertel Winston Morris, skoolhoof van Randfontein Sekondêre Skool.

Volgens Bailey kom dié spelers met minimale toerusting klaar, “Daarom verwelkom ons borge uit die gemeenskap met ope arms,” vertel Bailey.

Vir verdere inligting of borge, skakel vir Winston Morris by 011 693 5026 of 082 554 2523.

Verwante artikels:

Related Articles

Back to top button