Sport

Krieket-reeks in Zim nou in Afrikaans uitgesaai

AfriForum verheug oor SuperSport se uitsending van Afrikaanse krieketkommentaar.

AfriForum het die nuus verwelkom dat SuperSport Afrikaanse krieketkommentaar beskikbaar sal stel tydens die oorblywende drie wedstryde in die driehoekige-reeks tans in Zimbabwe.
Dit sluit in die Proteas se laaste twee kragmetings van die reeks naamlik Australië vandag (2 September); Zimbabwe op 4 September asook die eindstryd op 6 September.
Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof verantwoordelik vir taalsake, het SuperSport se kommunikasiebestuurder hul Maandag in kennis gestel van die goeie nuus.
Dit kom nadat AfriForum glo oorval is met klagtes van krieketentoesiaste wat nie kon verstaan waarom Afrikaanse kommentaar nie beskikbaar was nie.  ’n Dringende vertoë is toe aan SuperSport gerig om die besluit te heroorweeg.
“AfriForum bedank SuperSport vir die besluit wat getuig van sensitiwiteit vir intekenaars en potensiële intekenaars se passie vir krieket en hulle taal.
“So dra SuperSport ook by tot die groei van Afrikaans se sportwoordeskat en die skep van werksgeleenthede in Afrikaans.
“Dit is ’n wen-wen situasie vir die uitsaaikanaal en alle Afrikaanssprekendes – ‘n voorbeeld vir die SAUK wat sy Afrikaanse kykers toenemend afskeep,” het sy verklaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button