School sportSport

Jannas spog met Goue Leeus-skeidsregter

"Dit is vir my 'n groot eer."

Hoërskool Jan Viljoen het ‘n skeidsregter van formaat in sy midde.

Graad 10-leerling Renier van Dyk het sy Vlak 4-skeidsregterseksamen deur die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) geslaag.

Volgens Renier het hy reeds vroeër vanjaar dié eksamen geslaag en mag hy nou as skeidsregter by enige klub- of skolerugbywedstryd waarneem.

“Dit is vir my ‘n groot eer om as ‘n Goue Leeus-skeidsregter aanvaar te word. Ek het vanjaar reeds my eerste klubwedstryd tussen Randfontein Rugbyklub en Alberton geblaas en dit baie geniet,” vertel Renier.

Hy is vasbeslote om meer wedstryde te blaas en ervaring op te doen om binnekort op provinsiale vlak as skeidsregter waar te neem.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, is hy en die bestuur van die skool baie trots op Renier en sy prestasie.

“Dit is ‘n groot eer en ek glo dat Renier suksesvol sal wees as skeidsregter, hetsy op skole, klub, provinsiale of nasionale vlak.”

Related Articles

Back to top button