Local sportSchool sportSport

Talle betrokke by Kosmos Jukskeiklub se skole-liga

"Dit was werklik 'n groot eer om soveel leerlinge op die baan te sien."

Jukskeispelers van regoor die Wes-Rand het onlangs na die Kosmos Jukskeiklub gestroom om hul merk in die skole-liga te maak.

Volgens die klub se voorsitter Bertus Erasmus het die skole-liga oor twee naweke gestrek. Leerlinge was van 15 tot 16 Augustus asook 22 tot 23 Augustus in aksie om teen mekaar mee te ding en te bepaal wie die top jukskei-skool aan die Wes-Rand is.

“Die liga was ‘n reuse sukses en beide laerskole en hoërskole het op beide die naweke sake teen mekaar kom uitspook,” vertel Erasmus.

Onder die laerskole het skole soos Laerskool Randfontein, Laerskool Rapportryer en Laerskool Roodebeeck teen mekaar meegeding.

Die hoërskole wat teen mekaar kragte gemeet het was Hoërskool Riebeeckrand; Hoërskool Jan Viljoen; Hoërskool Monument; Hoërskool Bastion; Hoërskool Westonaria en selfs Randfontein High school.

“Die skole het in verskillende ouderdomsgroepe teem mekaar meegeding en dit was werklik ‘n groot eer om soveel skool leerlinge op die baan te sien,” vertel Erasmus.

Hy vertel verder dat die skole baie goed gevaar het en die liga in goeie gees gespeel het. Erasmus en die bestuur van Kosmos Jukskeiklub bedank elke skool wat aan die skole jukskei liga deelgeneem het en wens elke skool en jukskeispeler sterkte toe met die res van hul seisoen.

Verwante artikels:

• Brief: Bly om te sien jukskei word bevorder

• Jukskeiklub bevorder die sport onder die jeug

• Jean blink uit by SA Jukskei Kampioenskappe

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button