School sportSport

Rierand-eerstekrieketspan het nuwe borg

Martin Green en Tusker Packaging Solutions wil pad saam skool stap.

Hoërskool Riebeeckrand se eerstekrieketspan het ‘n nuwe borg.

Volgens die afrigter van dié span, Ruan McAlister, het die eerste krieketspan op 22 Augustus by die Randfontein Krieketklub bymekaar gekom om hul nuwe truie en pette te ontvang.

“Die nuwe truie is deur Martin Green van Tusker Packaging Solutions geborg en ook tydens dié geleentheid aan die spelers oorhandig,” vertel McAlister.

Dit is vir elke speler van Rierand se eerstekrieketspan ‘n groot eer om dié borg te ontvang en sal daarna streef of Green en Tusker Packaging Solutions se naam tydens elke kragmeting hoog te hou.

“Baie dankie aan Martin Green en Tusker Packaging Solutions vir die borg van die 12 truie en pette. Ons as Hoërskool Ribeeckrand se eerste krieketspan waardeer dit opreg,” vertel McAlister.

Related Articles

Back to top button