Rierand-landloopatlete maak oplsae

Riebeeckrand-atlete verwag provinsiale kleure na skittervertonings.

Vanjaar se hoërskole landloopliga het teen ‘n spoed begin en Hoërskool Riebeeckrand se atlete is besig om opslae te maak.

Volgens die bemarker van die skool, Rickus Kruger het die eerste ligarondte vroeg in Augustus by Hoërskool Monument plaasgevind.

“Daarna het ons landloopatlete weer op 11 en 18 Augustus aan die volgende rondtes deelgeneem,” vertel Kruger.

“Vanjaar se bane vereis baie meer stamina van die atlete.”

Riebeeckrand se altete het by al drie byeenkomste hul staal gewys en elke atleet het in die top vyf geïndig in hul onderskeie ouderdomsgroepe.

Lizerie en Ezra Ferreira is twee van die uitblinkers.

“Dié twee atlete staan vanjaar ‘n goeie kans om aan die Gauteng Landloopkampioenskappe deel te neem,” vertel Kruger.

Hy sê dat die laaste ligabyeenkoms binnekort sal plaasvind, waarna die D2-Landloopkampioenskappe op 6 September by Hoërskool Monument aangebied sal word.

“Baie sterkte aan elke atleet. Tot dusver het julle Rierand se naam hoog gehou en ons almal glo dat dit nog net die begin is,” eindig Kruger.

Exit mobile version