School sportSport

Jannas-stoeiklub staan vir niemand terug nie

Twee lede blink uit tydens Welpie Ope Stoeikampioenskappe.

Stoeiers van Hoërskool Jan Viljoen se Stoeiklub het gewys dat hulle vir niemand terugstaan nie. Hulle spog met ‘n paar blink vertonings tydens die Welpie Ope Stoeikampioenskappe.

Volgens ‘n verteenwoordiger van die Jannas Stoeiklub, Hermien van Coller het die Welpie Ope onlangs in die Witpoortjie Ontspanningsaal plaasgevind.

“Twee van ons top stoeiers het aan die kampioenskappe deelgeneem,” vertel Van Coller.

Sy sê dat Henro van Coller in die o.8-ouderdomsgroep meegeding het. Hy het ook in die 22kg tot 27kg afdeling ingeskryf en ‘n algehele vierde plek in dié kategorie verower.

“Verder het Brandon Gouws in die Junior Stoei-afdeling meegeding. Hy het in die 72kg tot 77kg afdeling gestoei en vir homself ‘n goue- en silwermedalje verseker,” vertel Van Coller.

Alhoewel Jannas Stoeiklub nog ‘n nuwe klub is, meen Van Coller dat dié klub nog verskeie hoogtes gaan bereik. Daarom doen sy ‘n beroep op stoeiers in die gemeenskap om by die klub in te skakel.

“Ons klublede oefen elke Dinsdag en Donderdag vanaf 6nm by Hoërskool Jan Viljoen,” vertel sy.

Vir meer inligting rondom die Jannas Stoeiklub, skakel gerus vir Ben Gouws by 083 235 6633.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button