Vyf Jannas-ringbalspelers in aksie tydens SA’s

"Hulle het die streek en skool trots gemaak"— skoolhoof

Hoërskool Jan Viljoen se bestuur is vanjaar trots om te kan sê dat vyf van hul ringbalspelers aan die Suid-Afrikaanse Ringbal Kampioenskappe deelgeneem het.

Volgens die hoof van Hoërskool Jan Viljoen, Julius Katzke, het dié kampioenskappe verlede maand in Nelspruit plaasgevind.

“Ons is baie trots op Marina Nagel, Juan-Marie Havenga, Gideon Nagel, Lehandre Havenga en Riandre Gerber wat die Gauteng Suid-Wes streek tydens dié kampioenskappe verteenwoordig het,” vertel Katzke.

“Julle het nie net julle streek se naam hoog gehou nie, maar ook almal by Hoërskool Jan Viljoen trots gemaak.”

Riandre Gerber is ook na afloop van dié kampioenskappe in die seuns se o.15-Suid-Afrikaansespan opgeneem en sal ook dié span as kaptein aanvoer.

“Baie geluk aan elkeen van julle met die puik prestasies,” vertel Katzke ten slotte.

Exit mobile version