School sportSport

Jannas klop Rierand in naelbyt T20-stryd

Klop 'rivals' met 20 lopies in eerste kragmeting van krieketseisoen.

Hoërskool Jan Viljoen se juniorkrieketspan het hul eerste kragmeting van vanjaar se krieketseisoen op ‘n wennoot afgeskop toe hul naelbyt vir Hoërskool Riebeeckrand met 20 lopies geklop het.

Volgens die 20-boulbeurtspanafrigter van Hoërskool Jan Viljoen, Ruan Pretorius, het die wedstryd verlede week op eie bodem plaasgevind.

“Alhoewel ons die tuisveldvoordeel geniet het, was dit steeds ‘n taai wedstryd. Ons het eerste gekolf en ‘n telling van 158 vir 4 aangeteken,” vertel Pretorius.

Francois de Villiers het die beste kolfbeurt geniet en ‘n totaal van 41 lopies gemoker. Met Jannas se 20 boulbeurte agter die rug, was dit tyd vir die manne van Riebeeckrand om die kolf op te tel.

“Riebeeckrand se manne kon slegs 138 lopies in die 20 boulbeurte aanteken, wat Jannas van ‘n 20-lopie oorwinning verseker het,” vertel Pretorius.

Related Articles

Back to top button