Vier Rappies haal Gauteng-Wes Krieketspan

Een o.13, twee o.10's en een o.9 van Laerskool Rapportryer in spanne ingesluit.

Laerskool Rapportryer spog met nie minder nie as vier krieketspelers in vanjaar se Gauteng-Wes Krieketspanne.

Volgens Roleen Olivier, skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, het daar op 28 en 30 Julie proewe by verskeie laerskole aan die Wes-Rand plaasgevind.

“Herman Visser (o.13); Kieran Knight en Jaden Smith (o.10) en MC Prinsloo (o.9) het toe puik gevaar en vir hulself ‘n plek in die span verseker,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat dié leerlinge ‘n groot aanwins vir die span sal wees en binnekort met ander streke sal meeding.

“Baie geluk met julle puik prestasie. Ons almal by Laerskool Rapportryer is trots op julle,” vertel Olivier.

Exit mobile version