School sportSport

Jannas-motorbootrenjaer derde in Noorweë

Plaaslike motorbootrenjaer en leerling van Hoërskool Jan Viljoen spog met sy talent oorsee.

Hoërskool Jan Viljoen se eie motorbootrenjaer Juandré Engelbrecht spog met ‘n algehele derde plek tydens die Wêreld Motorbootkampioenskappe wat onlangs in Noorweë plaasgevind het.

Volgens Juandré het hy vroeër vanjaar ‘n uitnodiging ontvang om van 28 Julie tot 8 Augustus aan dié gesogte kampioenskappe deel te neem.

Hy vertel verder dat slegs vier Suid-Afrikaanse renjaers die geleentheid gekry het.

“Dit was vir my ‘n groot eer om in Noorweë deel te neem. Ek het dit baie geniet en ook baie tydens die geleentheid geleer,” vertel Juandré.

Dié plaaslike motorbootrenjaer het tydens sy besoek aan Noorweë in ‘n GT 30-motorbootklas deelgeneem.

In daardie klas moes hy met 14 ander renjaers meeding en het ‘n welverdiende derde plek in die kampioenskappe losgeslaan.

Related Articles

Back to top button