Local sportSport

Teine-jeug laat Harlequins klippe kou

Randfontein Rugbyklub se jeugrugbypanne wen vyf uit die agt kragmetings.

Randfontein Rugbyklub se jeugspanne kan breëbors rondloop nadat meeste aan die wenkant was teen Harlequins Rugbyklub.

Volgens die sekretaresse van die Randfontein Jeug Klubrugby, Leonie du Buson het ‘n klomp kragmetings die afgelope naweek teen die Krugersdorpse-klub by die Greenhills Sport Stadion plaasgevind.

“Die dag was ‘n reuse sukses en die manne van Randfontein het ‘n goeie dag op kantoor geniet,” vertel Du Buson.

Die o.8-span van Randfontein het Harlequins in hul eerste wedstryd met ‘n telling van 30-5 kafgedraf terwyl hulle die tweede kragmeting met ‘n telling van 15-10 beklink het.

Randfontein se o.9’s en 10’s kon ongelukkig nie die mas opkom nie en moes albei 25-0 en 14-5 onderskeidelik die knie buig.

Verder het die o.13’s van Randfontein trots herwin deur met ‘n telling van 24-0 te seëvier.

Met Randfontein se o.14’s het dit verskiklik goed gegaan. Hulle het in die eerste van hul twee kragmetings met ‘n telling van 17-12 en toe 33-7 in die tweede gewen.

Du Buson vertel verder dat die o.17-span teen Hoërskool Riebeeckrand in ‘n vriendskaplike wedstryd 5-8 vasgeval het.

“Die kragmeting was goeie blootstelling vir dié span, maar ongelukkig het Riebeeckrand die oorhand geniet,” vertel Du Buson.

In hul tweede kragmeting vir die dag moes die o.17’s van Randfontein ook met ‘n loesing van 24-12 teen Harlequins tevrede wees.

Related Articles

2 Comments

  1. Randfontein Jeug Rugby verloop baie goed hierdie jaar. Wil net dankie se aan al ons borge, Ouers en spelers. ons vra dat die publiek ons kom ondersteun met on tuis wedstryde. Program vir tuis wedstryde is as volg.

    16 Augustus vs Panorama
    23 Augustus vs Wasps
    6 September vs Sal Bevestig word
    13 September vs Union Bull Dogs
    27 September vs Pirates.

    Dankie

Back to top button