School sportSport

Twee van Ram presteer in perdry

Laerskool Randfontein se Caylin en Corrie haal Gauteng-Wes se skoleperdryspan.

Laerskool Randfontein (Ram) glo daarin om soveel as moonlik geleenthede vir hul leerlinge te skep om te kompeteer. Een van dié geleenthede is die afgelope Interskole Perdry Kampioenskappe.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, is Sannely Esterhuizen in beheer van perdry by Ram.

“Twee Graad 7-leerlinge het aan die Interskole Perdry Kampioenskappe gaan deelneem,” vertel Nolan.

Dié leerlinge is Caylin du Plooy en Corrie Appelcreyn. Nolan verduidelik dat dié twee ruiters aan vier byeenkomste in die kampioenskappe deelgeneem het.

“Hulle het in die eerste drie plekke geëindig tydens die byeenkomste en is sodoende in die Gauteng-Wes span opgeneem,” vertel Nolan.

Die leerlinge het op 26 en 27 Julie aan die Gauteng Kampioenskappe by Maple Ridge Equestrian deelgeneem.

“Albei het hul persoonlike beste prestasies behaal en Ram se naam hoog gehou tydens die kampioenskappe,” vertel Nolan.

Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op die leerlinge en wens hulle geluk met hulle merkwaardige prestasies.

Cailyn du Plooy tydens die Interskole Perdry Kampioenskappe.
Cailyn du Plooy tydens die Interskole Perdry Kampioenskappe.

Related Articles

Back to top button