Local sportSport

Randfontein-hokkie te goed vir Mondeor

Klop teenstanders 2-1 vir spoggerige oorwinning weg van die huis af.

Randfontein Hokkieklub het weereens gewys dat daar met hulle rekening gehou moet word na ‘n spoggerige 2-1 sege weg van die huis af teen Mondeor.

Die klubkaptein Pieter Liebenberg sê, “Alhoewel Mondeor tuisveldvoordeel geniet het, het hulle steeds geen antwoorde op Randfontein se aanvalstegniek gehad nie”.

Hy vertel verder dat die manne van Randfontein goeie verdedinging en puik spanwerk gelewer het.

Tshepang Khunou en Duane Koekemoer het hul span se doele aangeteken terwyl die onderkaptein, Malcolm Faddy as speler van die wedstryd aangewys is.

“Ons is baie positief oor die wedstryde wat nog voorlê en gaan beslis nog meer tyd aan oefening afstaan om sukses in die komende wedstryde te verseker,” vertel Liebenberg.

“Baie geluk aan elke speler. Julle het my en Randfontein weereens trots gemaak.”

Related Articles

Back to top button