Rierand o.15 rugby floreer

Hoërskool Riebeeckrand se o.15 rugbyspan is beslis 'n krag om mee rekening te hou.

Die o.15 rugbyspan van Hoërskool Riebeeckrand wat as die “Highlanders” bekend staan, het ‘n puik seisoen so ver beleef en streef daarna om hul merk tydens elke kragmeting te maak.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié rugbyspan in die NWU Puk-reeks algeheel negende geëindig en het hul skoleliga op ‘n hoë noot begin.

“Die span is steeds onoorwonne in die liga en het op Saterdag, 21 Junie, in die semi-finaal by Hoërskool Linden teen Hoërskool Alberton te staan tegkom,” vertel Kruger.

“Die seuns het van die afskop af gewys dat hul vaardighede en tempo van spel te goed vir Alberton was en het met ‘n telling van 17-10 geseevier.”

Verder het dié span ook gewen teen Linden (24-3), Randburg (31-5), Dinamika (33-5), Jan Viljoen (10-3) en Alberton (14-0).

“Hulle het ook gelykop geëindig teen Bastion met ‘n telling van drie elk,” vertel Kruger.

“Ek glo as ‘n span saamstaan as broers kan niemand die band breek nie en so sal ‘n mens die beste uit die spelers kry.

“Die storie agter die Skotse Highlanders is die insperasie agter die noemnaam van die span.

“Christenskap, braafheid, dapperheid en broederskap is die hoofpilare van die span.”

“Dit is vir my en my mede-afrigters Juan Maritz en Connie Segeel, ‘n eer om met sulke gemotiveerde jong manne te kan werk.”

Kruger vertel verder dat van die seuns werklik gewys het dat hulle spelers is om in die toekoms dop te hou.

Exit mobile version