School sportSport

Ram-netbal blink uit

Laerskool Randfontein se netbalspanne staan uit tydens hul skolenetballiga.

Laerskool Randfontein het ‘n uitstekende netbalseisoen beleef en spog met ‘n eerstenetbalspan wat hul liga gewen het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, is Ram se netbalspanne besig om ‘n nuwe blaaidjie oor te slaan.

Daar word op netbalvaardighede gefokus en ekstra netbalklinieke word weekliks regdeur die jaar aangebied.

“Die netbaldogters het tydens die tweede kwartaal teen die Unika, Maragon, Dalmondeor en Modderfontein laerskole gespeel en hulself baie goed op die baan behartig,” vertel Nolan.

Sy sê dat die o.10A-, o.12B-, o.13B- en o.13A-spanne as ligawenners aangewys is.

“Twee van Ram se dogters, Melouise Mulder (o.13) en Michaela Lubbe (o.12) het die Gauteng netbalspanne gehaal.

“Dit is ‘n besonderse prestasie vir die dogters,” vertel Nolan.

Ram, spog ook met ‘n Gauteng Netbalskeidsregter.

Tanya Pelser gaan tydens die Julie-vakansie by die SA Netbalkampioenskappe as skeidsregter op tree.

“Dis nie ‘n eer wat enigiemand ontvang nie.

“Jy moet regtig puik in jou sport wees om so ‘n geleentheid te kry,” vertel Nolan.

“Pelser sien dit as die volgende tree in haar netballoopbaan.

“Nadat sy self Suid-Afrika verteenwoordig het en self ‘n netbalspeler van formaat was, is sy baie opgewonde om haar loopbaan as skeidsregter na dié vlak te neem.”

Ram se netbalorganiseerder Janie Fourie is baie trots op al die netbalspanne en afrigters.

“Ek glo ons gaan volgende jaar nog meer berge versit en ons gaan volgende jaar stof in al die ander skole se oë skop,” vertel Pelser.

Related Articles

Back to top button